

REBEL: Die Lewe van Kommandant Hans Lotter 1873-1901
ISBN 978 1 4853 1084 6
Kmdt Hans Lotter se onverskrokke optrede as Kaapse rebel tydens die Anglo-Boereoorlog het die plaaslike bevolking se verbeelding aangegryp en die Kakies maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur 'n Britse vuurpeleton het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as 'n Boeremartelaar. Nou word sy boeiende maar tragiese verhaal vir die eerste keer volledig vertel.
