REBEL: Die Lewe van Kommandant Hans Lotter 1873-1901

ISBN 978 1 4853 1084 6

Kmdt Hans Lotter se onverskrokke optrede as Kaapse rebel tydens die Anglo-Boereoorlog het die plaaslike bevolking se verbeelding aangegryp en die Kakies maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur 'n Britse vuurpeleton het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as 'n Boeremartelaar. Nou word sy boeiende maar tragiese verhaal vir die eerste keer volledig vertel.

 

 

Die burger Ockie van Schalkwyk het onthou dat hy na ʼn paar maande van rebelle-aktiwiteit ook by die rebelle wou aansluit. Twee van sy ooms op kommando het opgedaag en hom ʼn pak slae gegee en vertel om sy idee om te rebelleer uit sy kop te sit. Sy ouer neef, wat die toneel van sy perd gadegeslaan het, het nadergery en vir Ockie gesê: “Ockie, kan jy dan nie sien dat die pad vorentoe eindeloos is nie?” En toe sy perd omgeswaai en weggery.

MY BOOKS

FOLLOW ME

  • Facebook Classic
  • Twitter Classic
  • c-youtube

© 2023 by Samanta Jonse. Proudly created with Wix.com

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now